500 g boerewors

125 ml (½ k) meel

1 eier, geklits

250 ml (1 k) fyn broodkrummels

1 Franse brood, in 4 verdeel

SOUS

125 ml (½ k) mayonnaise

15 ml (1 e) blatjang

2 brandrissies, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Haal die maalvleis uit die boerewors en verdeel in 12. Rol in balletjies; rol in die meel, eier en broodkrummels.
  2. Pak op ’n draadrakkie op ’n bakplaat en oondbraai 15 minute tot gaar.
  3. Pak op die broodjies.
  4. Sous Meng alles en verdeel tussen die broodjies.