Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

600-700 g varkfilet

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

60 ml (¼ k) uiemarmelade

15 ml (1 e) sesamsade

SPINASIE

300 g spinasie

125 ml (½ k) roomkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die filet met die sout en peper en vryf met die olie. Verhit ’n pan en seël die filet aan albei kante. Hou eenkant.
  2. Plak 3 velle filodeeg op mekaar met gesmelte botter. Smeer die filo met die uiemarmelade en pak die filet aan die een kant. Vou die kante in, rol toe en verf die hele rol met botter. Plaas op ’n bakplaat en sprinkel die sesamsaadjies oor.
  3. Bak 15-20 min. in die oond of tot die filo goudbruin en die filet gaar is. Laat rus 10 min. en sny in skywe.
  4. Spinasie Blansjeer die spinasie in kookwater, roer die roomkaas deur en geur met die sout en vars gemaalde peper. Sit voor saam
  5. met die vark.

Wenk

Maak individuele filopakkies: Sny die filet vooraf in 4 porsies. Rol elk apart toe met velle filo.