Cecil Henning van Kaapstad het hierdie resep vir ons gestuur. Jy maak dit sommer op die kole gaar.

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

1 kg beesfilet

200 g basilie-en-knoffelpesto

200 g swartpeper-fetakaas, gekrummel

150 ml olyfolie

100 ml balsemieke asyn

3 ml (ruim ½ t) rissievlokkies

sout en peper

  1. Vlek die filet oop en skep die pesto en feta daarin. Vou toe en steek vas met peuselstokkies.
  2. Vryf die filet aan die buitekant met die olyfolie en asyn en geur met die rissievlokkies, sout en peper.
  3. Braai op warm kole tot mediumgaar of tot die feta gesmelt het.
  4. Sit voor saam met braaiaartappels en ’n vars tuinslaai.