Genoeg vir 4 mense

Bereiding 20 minute

Gaarmaaktyd 2 uur

EISBEIN

4 eisbeine (gerookte, gepekelde varkskenkels), kepies in die swoerd gesny

1 ui of prei, in skywe gesny

1 wortel, in stukke gesny

’n takkie elk vars kruie soos roosmaryn, tiemie en pietersielie

paar knoffelhuisies, geskil

1-2 blikke bier

SMEERSEL

80 ml (¹/³ k) appelkooskonfyt

15 ml (1 e) aangemaakte mosterd

MOSTERDSOUS

45-60 ml (3-4 e) heelkorrelmosterd

125 ml (½ k) mayonnaise

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

15 ml (1 e) suiker

sout en peper na smaak

  1. Eisbein Plaas die vleis saammet die ui of prei, wortel, kruie en knoffel in ’n groot kastrol en giet die bier by. Laat kook, verlaag die hitte en laat sowat1¾uur prut tot die vleis sag is.
  2. Smeersel Meng die appelkooskonfyt en mosterd en smeer oor die eisbeinswoerd. Braai sowat 15 minute op warm kole tot die smeersel effens gekaramelliseer het en die swoerd effens bros is.
  3. Sous Meng al die bestanddele vir die mosterdsous.
  4. Sit die eisbein voor saam met die mosterdsous, sauerkraut (Duitse suurkool), aartappelslaai en bier.