Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Vleiskoekies

500 g varkmaalvleis

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) gemaalde gemmer

10 ml (2 t) vissous

10 ml (2 t) hoisinsous

60 ml (¼ k) sesamolie

15 ml (1 e) olyfolie

Blatjang

440 g pynappelstukke

60 ml (¼ k) suiker

60 ml (¼ k) rysasyn

60 ml (¼ k) water

1 rooi rissie, gekap

Sous

15 ml (1 e) rysasyn

skil en sap van 1 suurlemoen

10 ml (2 t) sojasous

5 ml (1 t) sesamolie

45 ml (3 e) olyfolie

Koolslaai

300 g babaspinasie, gesny

300 g kool, gesny

4 sprietuie, gekap

1 gerasperde wortel

1.    Vleiskoekies Meng die bestanddele in ’n bak. Vorm ses vleiskoekies en hou eenkant.

2.    Blatjang Voeg al die bestanddele in ’n pan op matige hitte. Laat prut 15 minute of tot die vloeistof verdamp het en die pynappel sag is. Maak rofweg fyn met ’n vurk.

3.    Plaas ’n geriffelde pan op matige hitte en verf die vleiskoekies aan beide kante met 15 ml (1 e) olie. Braai die vleiskoekies 5 minute aan elke kant of tot goudbruin en regdeur gaar.

4.    Sous Klits al die bestanddele saam in ’n mengbak.

5.    Koolslaai Meng al die bestanddele in ’n bak met genoeg sous om dit te bedek. Gooi ’n bietjie blatjang op die burger en sit dit saam met ’n porsie koolslaai voor.

- Hope Malau