Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 wortels, gekap

2 preie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) tamatiepasta

2 blikke (400 g elk) lensies, gedreineer

1 blik (410 g) heel geskilde tamaties

500 g beesvleisworsies

100 g babaspinasie

1 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die ui, wortels, preie en knoffel by en kook 5 minute of tot sag terwyl jy roer. Voeg die tamatiepasta, lensies en tamaties by. Bring tot kookpunt en laat prut oor lae hitte tot die groente amper gaar is.

2 Braai intussen die worsies in ’n aparte braaipan tot amper gaar terwyl jy hulle af en toe omdraai.

3 Voeg die worsies by die lensies en laat prut 10 minute. Roer die spinasie in en kook 2 minute of tot die spinasie verlep het.

- Hope Malau