‘n Alles-bymekaargooi-resep wat waarlik nie veel tyd of moeite vra nie en ideaal is om middel van die week te eet.

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: sowat 30 min

500 g frankfurters, in 2,5 cm-stukke gesny

1 pakkie (100 g) pitlose swart olywe

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

200 g vars groenboontjies, in stukkies gesny

1 ui, fyn gekap

1 blik (410 g) tamatieroomsop

15 ml (1 e) suiker of 10 ml (2 t) soet brandrissiesous

2 ml (½ t) sout

2 ml (½ t) paprika

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 160 °C. Spuit ’n oondbak met kleefwerende kossproei. Meng al die bestanddele behalwe die pietersielie en skep in die voorbereide oondbak. Bedek met tinfoelie en bak sowat 30 minute of tot gaar. Garneer met vars pietersielie en sit voor met aartappels en suurkool, indien verkies.