fillet1

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 14-20 minute

FILET

1 sakkie (500 g) growwesout

150 g botter

4 knoffelhuisies, fyn gekap

1 beesfilet van ongeveer 1,6 kg

500 ml (2 k) vars, fyn gekapte kruie soos basilie, pietersielie, salie en roosmaryn

KROONTJIPS

groot tjipaartappels, geskil

olie vir diepbraai

sout

sous van jou keuse

Plaas die oondrak in die middel van die oond en voorverhit die oond se roosterelement.

  1. FILET Bedek die boom van ’n oondpan goed met die sout.
  2. Smelt die botter saam met die knoffel in ’n klein kastrol oor lae hitte. Droog die filet met kombuispapier af. Verf van die knoffelbotter oor die hele filet.
  3. Rol die vleis in die kruie sodat die hele filet goed bedek is.
  4. Plaas dit op die soutbed. Verf die bokant met nog knoffelbotter.
  5. Plaas die oondpan onder die roosterelement en rooster die vleis 7-10 minute. Haal uit en draai die filet om. Smeer nog knoffelbotter oor en plaas nog 7-10 minute in die oond – dit behoort nou halfgaar te wees. Haal uit en plaas die vleis op ’n opdienbord. Laat die vleis 10 minute rus. Sny in skywe van 2 cm. Sit voor met kroontjips en die sous van jou keuse.
  6. KROONTJIPS Sny die aartappels in skywe van 5 mm. Sny elke skyf in die vorm van ’n kroon. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrol. Braai die tjips tot gaar, maar nog nie bruin nie. Dreineer. Braai net voor opdiening weer in verhitte olie tot mooi bruin. Geur met sout.