Hierdie resep is uit die eerse episode van Ultimate Braai Master waar die deelnemers 'n gereg uit die verwelkomingsete moes naboots.

Lewer 1 KG

Bereidingstyd: 45 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

750 g varklies, swoerd

verwyder en in blokkies gesny

250 g strepiespekvleis, gekap

125 ml (½ k) pynappel, geskil en gekap

2 rooi brandrissies, fyn gekap

30 ml (2 e) knoffelhuisies, gekneus

30 ml (2 e) koljanderblare, fyn gekap

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap

30 ml (2 e) paprika

30 ml (2 e) mosterdpoeier

5 ml (1 t) neutmuskaat 30 ml (2 e) swartpeper 30 ml (2 e) sout 125 ml (½ k) yswater skoongemaakte varkworsderms (laat lê in water)

  1. Heg die vleismeulstuk met die grootste gate aan ’n voedselverwerker en maal die varklies en die helfte van die spekvleis.
  2. Voeg die res van die spek en al die ander bestanddele buiten die derms by.
  3. Verwyder die vleismeulstuk en heg die worsstopper aan.
  4. Ryg die varkderm oor die worsstoppyp. Druk die vleismengsel deur die voedselverwerker terwyl jy die klaar gevormde string wors wegtrek van die worsstopper af.
  5. Gee die string wors elke dan en wan ’n draai om afsonderlike worsies te vorm en knoop ook die ente van die derms toe. Verkoel tot gebruik.
  6. Braai oor taamlik warm kole tot gaar maar steeds sappig (pasop dat die derm nie bars nie) en sit voor saam met ’n soet mosterdsous of ’n sous van jou keuse.