Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 2 uur 20 min.

100 g gerookte ham

1 ui, gekap

15 ml (1 e) tamatiepasta

400 g blik kersietamaties

1 L hoenderaftreksel

2 wortels, gekap

2 selderystokke, in skywe gesny

2 knoffelhuisies

3 takkies tiemie

400 g cannellini-boontjies

50 g kitsnoedels, fyngedruk

  1. Plaas ’n groot pot oor matige hitte, voeg die ham by en verbruin. Voeg die ui, tamatiepasta, tamaties en aftreksel by. Bedek en laat prut 2 uur of tot die ham sag is.
  2. Haal die ham uit en voeg die wortels, seldery, knoffel en tiemie by. Laat 15 min. prut of tot die groente sag is.
  3. Versnipper die ham en roer dit, die bone en die noedels in. Hou 5 min. eenkant of tot die noedels sag is.