Hierdie indrukwekkende toebroodjie kan jy sommer vinnig vir middagete aanmekaarslaan.

Genoeg vir 2

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2 min.

1 baguette

250 g strepiespek, gebraai

roket vir voorsit

3 eiers, gebraai

SALSA

2 tamaties, gekap

4 sprietuie, gekap

’n hand vol koljander, gekap

2 rooi brandrissies, gekap

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) rooiwynasyn

sout en peper

  1. Sny die hele baguette horisontaal deur. Bedek met die spekvleis, roket en eiers en sny deur vir voorsit
  2. Salsa Meng die salsabestanddele in ’n mengbak en sit voor as bykos saam met die toebroodjie.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller