Lewer 24 bolletjies

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 6 min.

FRIKKADELLE

500 g varkmaalvleis

Sout en peper

4-6 stingeluie, gekap

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

1 eier, geklits

25 g witbroodkrummels

SOUS

45 ml (3 e) suiker

45 ml (3 e) bruinasyn

15 ml (1 e) soetbrandrissiesous

125 ml (½ k) tamatiesous

15ml (1 e) sojasous

15ml (1 e) heuning

noedels vir voorsit

  1. FRIKKADELLE Meng al die frikkadelbestanddele en vorm 24 frikkadelletjies. Verkoel 30 minute in die koelkas.
  2. SOUS Meng al die sousbestanddele behalwe die noedels in ’n glasbak en mikrogolf 1 min.
  3. Plaas 12 frikkadelle op ’n bord en mikrogolf 2½-3 min. tot net gaar. Herhaal met die res van die frikkadelle.
  4. Voeg by die sous en meng deur. Sit voor op noedels.

Resep uit Huisgenoot Maalvleis Maklik, vinnig en goedkoop. KLIEK HIER om joune te bestel