Lewer 24 bolletjies

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 6 minute

FRIKKADELLE

500 g varkmaalvleis

sout en peper

4-6 stingeluie, gekap

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

1 eier, geklits

25 g witbroodkrummels

SOUS

45 ml (3 e) suiker

45 ml (3 e) bruinasyn

15 ml (1 e) soetbrandrissiesous

125 ml (½ k) tamatiesous

15 ml (1 e) sojasous

15 ml (1 e) heuning

  1. Frikkadelle Meng al die bestanddele en vorm 24 klein frikkadelletjies. Hou dit in die koelkas.
  2. Sous Meng al die bestanddele in ’n glasbak en mikrogolf ’n minuut.
  3. Plaas 12 frikkadelle op ’n bord en mikrogolf 2½-3 minute tot net gaar. Herhaal met die res van die frikkadelle.
  4. Voeg by die sous en meng deur.

Sit voor op noedels.