Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olie

500 g beesmaalvleis

2 uie, gekap

5 knoffelhuisies, gekap

2 cm-stuk gemmer, gemaal

2 rooi rissies, gekap

2,5 ml (½ t) koljander

5 ml (1 t) garam masala

3 tamaties, gekap

300 ml beesaftreksel

400 g rooi nierbone

sout en vars gemaalde swartpeper

1. Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die maalvleis by en braai 8 min. Voeg die uie, knoffel, gemmer en rissies by en braai nog 5 min. of tot die uie sag is.

2. Voeg die speserye en tamaties by en laat nog 3 min. kook. Voeg die aftreksel by en laat 10 min. liggies prut.

3. Voeg die bone by en geur met die sout en peper. Sit saam met rys voor.