Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4-6 mense

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 groen soetrissie, ontpit en gekap

2-3 brandrissies, ontpit en gekap

5 ml (1 t) rissiepoeier

5 ml (1t) fyn paprika

2 ml (½ t) vars gekapte origanum

5 ml (1 t) suiker

1 blik (400 g) gekapte tamaties

1 blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel

1 blik (400g) rooi nierbone, gedreineer en afgespoel

sout en peper

Verhit die olie en braai die ui, knoffel, soetrissie en brandrissies tot die uie sag is.

Voeg die speserye en suiker by, roer die tamaties en bone in, en laat prut 15 minunte.

Geur goed met sout en peper.

Sit voor met taco-skulpe of tortillas.

Volg Huisgenoot op Twitter.