Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 80 minute

CHERMOULA

1 pakkie (30 g) koljanderblare

1 pakkie (30 g) pietersielie

2 knoffelhuisies, geskil

30 ml (2 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) fyn komyn

2 ml (½ t) paprika

1 ml (¼ t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) fyn kaneel

knippie sout

60 ml (¼ k) olyfolie

LENDE EN GROENTE

1,5 kg beeslende

2-3 uie, in kwarte gesny met bruin skil en al

2-3 rooi-uie, in kwarte gesny met skil en al

2-3 preie, gehalveer

2 heel knoffelbolle, gehalveer

olyfolie

’n paar takkies tiemie

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. CHERMOULA Plaas al die bestanddele vir die chermoula in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
  2. LENDE EN GROENTE Smeer die chermoula oor die bokant van die vleis.
  3. Pak die uie, rooi-uie, preie en knoffel in ’n platterige laag in ’n baksakkie. Drup die olyfolie oor en voeg die tiemie en enige oorskiet-chermoula by. Plaas die vleis bo-op. Bind die sakkie toe en steek ’n paar gate daarin.
  4. Plaas in ’n oondbak en oondbraai 20 minute per 500 g plus nog 20 minute.
  5. Laat die vleis minstens 10 minute rus en sny dan in skywe. Sit dit voor saam met kapokaartappels en die souserigheid uit die baksakkie.

lende1