GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 25 min.

CHAKALAKA

15 ml (1 e) botter of olie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

1 elk rooi, geel en groen soetrissie, gekap

5 ml (1 t) kerriepoeier

1 blik (410 g) gebakte bone

1 blik (410 g) tamaties in sap

30 ml (2 e) sterk blatjang

30 ml (2 e) soetbrandrissiesous

WORSROL

1 Franse brood, gehalveer

500 g boerewors

gekapte pietersielie vir bo-oor sprinkel

  1. Chakalaka Verhit die botter of olie en roerbraai die ui, knoffel en soetrissies tot sag. Voeg die kerriepoeier by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot warm en geurig.
  2. Worsrol Rooster die brood liggies indien verkies. Braai die wors in ’n pan, in die oond of op die kole tot gaar.
  3. Plaas die wors in die brood en skep die chakalaka oor.