GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

15 ml (1 e) olie

300 g boerewors

1 ui, in skyfies gesny

6 wortels, in skywe gesny

½kopkool, in dun skyfies gesny

15 ml (1 e) geroosterde masala

15 ml (1 e) mangoatjar

sout en pas gemaalde peper

  1. Verhit die olie in ’n pot op die stoof of op die kole en braai die wors tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
  2. Braai die ui in dieselfde pot tot geurig. Voeg die wortels en kool by en roerbraai ’n minuut.
  3. Roer die masala en atjar by en meng.
  4. Sny die wors in skyfies en voeg by die pot. Voeg ’n bietjie water by, plaas die deksel op en laat prut tot die wortels gaar is.
  5. Geur met die sout en peper.
  6. Sit voor saam met geroosterde ciabatta-skywe.

Sit voor saammet ’n verfrissende koljander-jogurtsous. Kap ’n hand vol koljander fyn en meng met 250ml (1 k) natuurlike jogurt en ’n knippie komyn.