2 lendesteaks (sirloin) (200 g elk)

60 g camembertkaas, in skyfies gesny

MOSTERDSMEERSEL

30 ml Dijon-mosterd

10 ml sojasous

10 ml olyfolie

BEDRUIPSOUS

25 ml gesmelte botter

15 ml suurlemoensap of bedruipsous van jou keuse

Sny ’n horisontale sakkie in die steaks en vul dit met ’n skyfie camembert.

Steek die opening met peuselstokkies toe, meng die bestanddele vir die mosterdsmeersel en smeer die steaks daarmee.

Meng die botter en suurlemoensap.

Braai die filet tot die verlangde graad van gaarheid en bedruip gereeld met die botter-ensuurlemoensapmengsel of ’n ander bedruipsous.

Laat sowat 2 minute rus en sit voor saam met gebraaide uieringe (resep onder).

Gaarmaaktye (vir steak van 3 cm dik): lig gaar: 5 – 6 minute;  lig – medium gaar: 7 – 8 minute; medium: 8 – 10 minute; medium – goed gaar: 10 – 11 minute.

GEBRAAIDE UIERINGE

Dis die lekkerste gebraaide uieringe onder die son: 4 uie, in ringe van 5 mm dik gesny

500 ml bruismeel

5 ml sout

250 ml koue water

koekmeel

olie vir diepbraai

sout of geursout na smaak

Bedek die uieringe met yswater en plaas vir 2 uur in die yskas.

Meng die bruismeel en sout en klits die koue water geleidelik by om ’n gladde beslag te vorm.

Dreineer die uieringe en skud die water af.

Plaas ’n bietjie koekmeel in ’n plastieksak en skud die uieringe daarin tot dit heeltemal met die meel bedek is.

Verhit die olie oor matig hoë hitte.

Doop die uieringe een vir een in die beslag en braai in die olie tot bruin.

Dreineer op papierhanddoeke en geur met sout.