Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 25 min.

100 g grondbone

125 ml (½ k) sesamsaad, plus ekstra vir oorstrooi

125 ml (½ k) koljandersaad

60 ml (¼ k) komynsaad

80 ml (? k) tamatiesous

45 ml (3 e) worcestersous

20 ml (4 t) braaispesery

900 g beesmaalvleis

sout en peper

olie vir panbraai

2 x 400 g-pakke skilferkorsdeeg

250 g spekvleisrepe

1 eiergeel

Voorverhit oond tot 200 °C

1. Rooster die grondbone en al die saad in ’n droë pan oor lae hitte tot geurig.

2. Gooi die geroosterde neute en saad in ’n groot bak. Geur met die tamatiesous, worcestersous en braaispesery. Meng die maalvleis by en geur met die sout en peper.

3. Vorm in vier burgerkoekies en verseël vinnig weerskante in ’n braaipan met die olie. Haal uit die pan en laat afkoel.

4. Rol 1 vel deeg uit. Gebruik ’n bak met ’n effens groter deursnee as die vleiskoekie en sny ’n skyf vir elk van die 4 burgerkoekies uit. Rol die tweede vel deeg uit en sny 4 skywe uit wat net so groot soos die vleiskoekies is.

5. Sit ’n vleiskoekie versigtig en 2 stukke spekvleis op ’n groot skyf en bedek met ’n kleiner skyf. Knyp al die deegrande toe tot die burgerpasteie verseël is.

6. Verf met die eiergeel, bestrooi met die ekstra sesamsaad en bak 20 min. of tot goudkleurig.