Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

UIEMARMELADE

50 g botter

2 uie, in skywe gesny

3 knoffelhuisies

45 ml (3 e) strooisuiker

125 ml (½ k) rooiwyn

60 ml (¼ k) rooiwynasyn

VLEISKOEKIES

500 g beesmaalvleis

1 ui, gekap

1 eier

1 wortel, fyn gerasper

DEEG

400 g skilferkorsdeeg

1 eier

5 ml (1 t) water

1.    Uiemarmelade Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die uie by en braai tot effens verbruin. Voeg die knoffel, suiker, wyn en asyn by en kook tot die vloeistof verminder en verdik het.

2.    Vleiskoekies Meng die maalvleis, ui, eier en wortel in ’n bak tot goed gemeng. Verdeel die mengsel in vier. Maak jou hande effens nat en rol die mengsel versigtig in balle. Druk elke bal liggies met die palm van jou hand plat. Plaas op ’n bord, bedek en verkoel 30 minute in die yskas.

3.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit ’n effens geoliede pan oor hoë hitte. Voeg die vleiskoekies by en verbruin weerskante, maar sorg dat die vleis net half gaar (rare) in die middel is. Sit eenkant om af te koel.

4.    Deeg Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Gebruik ’n kleinbordjie om die deeg in agt sirkels te sny. Plaas die afgekoelde vleiskoekies in die middel van vier deegsirkels en skep die uiemarmelade oor.

5.    Meng die eier en die water. Verf die mengsel aan die rande van die oorblywende deegsirkels. Plaas hulle op die vleiskoekies en las die deelsirkels. Verf die bokante van die pasteie met die oorblywende eiermengsel en bak 20 minute of tot goudbruin.