250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

4 vleiskoekies, gaargemaak

60 ml (¼ k) uiemarmelade

4 skywe mozzarellakaas

AARTAPPELWIGGIES

6 aartappels, in wiggies gesny

olyfolie

sout en peper

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Plak 2 velle filo opmekaar met die botter. Plaas die vleiskoekie in die middel, gevolg deur marmelade en ’n skyf kaas.
  2. Vou die filo toe en verf met die botter. Herhaal met die res. Pak op ’n bakplaat en bak 15 minute.
  3. Aartappelwiggies Meng alles, pak op ’n bakplaat en oondbraai 40-45 minute.