250 g bruinlensies, afgespoel

sout en peper

2 uie, gekap

2-3 knoffelhuisies, fyn gedruk

olie

250 g knopiesampioene, gehalveer

45 ml (3 e) masala

5 ml (1 t) fyn komyn

1 blik (400 g) tamatiesmoor

45 ml (3 e) gekapte koljanderblare

4 witbroodrolletjies, koppe afgesny en uitgehol

  1. Kook die lensies sag. Dreineer en geur met die sout.
  2. Soteer die uie en knoffel in olie tot sag. Voeg die sampioene by en braai.
  3. Roer die speserye en tamatiesmoor by en geur met sout en peper. Kook tot dit nie meer waterig is nie.
  4. Voeg die lensies en amper al die koljander by. Laat prut.
  5. Skep in die broodjies. Sprinkel die res van die koljanderblare voor.
  6. Sit voor met uie-en-tamatiesambal en komkommerjogurt.