Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur 

SPESERYMENGSEL

2 ml (½ t) kerriepoeier

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) fyn koljander

1 ml (¼ t) fyn naeltjies

2 ml (½ t) sout

VLEIS

30 ml (2 e) sonneblomolie

2 middelslag-uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

120 g spekvleis, in blokkies gesny

700 g wildsvleis, in blokkies gesny

500 ml warm vleisaftreksel

KORS

160 ml (? k) melk

80 ml (? k) sonneblomolie

1 eier

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) gemengde droë kruie

1 Smeer ’n 30 cm-pasteipan met kleefwerende sproei.

2 Speserymengsel Meng al die bestanddele.

3 Vleis Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en spekvleis by en roerbraai tot die spekvleis bros is. Sit eenkant.

4 Braai die wildsvleis klompie vir klompie 2-3 minute of tot goudbruin. Voeg die speserymengsel by terwyl die vleis braai. Gooi ’n bietjie aftreksel by om te voorkom dat dit vassit.

5 Verminder die hitte en sit al die vleis, uie en spekvleis terug in die kastrol. Voeg die aftreksel by en laat prut 2-2½ uur stadig of tot die vleis uitmekaarval. Skep dit in die voorbereide pasteipan en laat afkoel.

6 Voorverhit die oond tot 180 °C.

7 Kors Klits die melk, olie en eier saam. Sif die meel, bakpoeier, paprika en sout saam en voeg die kruie by. Voeg die melkmengsel by en meng tot ’n gladde, sagte deeg.

8 Skep die deeg oor die vleis en bak 30 minute of tot die kors goudbruin is.