Genoeg vir 4 tot 6

Rystyd: 1 uur

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

Platbrode

500 ml (2 k) louwarm water

10 g droë gis

5 ml (1 t) suiker

2,5 ml (½ t) sout

30 ml (2 e) olyfolie

1 liter (4 k) meel, gesif

50 g botter, gesmelt

SPESERYAGTIGE LAMSVLEIS

500 g lamstjops, in blokkies gesny

1 ui, in dun skywe gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

30 ml (2 e) tikka-pasta

400 g gekapte tamaties

50 g babaspinasie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die water, gis, suiker, sout, olyfolie, meel en botter in ’n groot mengbak en meng tot ’n klewerige deeg vorm.
  2. Keer uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot sag en nie aan die oppervlak vassit nie. Plaas in ’n bak, bedek en laat rys 1 uur of tot dubbel die grootte.
  3. Vorm die deeg in 50 g-balle, rol elke bal uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en bak 10 min. of tot goudkleurig en bros.
  4. Speseryagtige lamsvleis Verbruin die lamsvleis en ui in ’n groot pan in die olie terwyl jy dikwels roer. Geur effens, verminder die hitte en roer die tikka-pasta in tot goed bedek.
  5. Voeg die tamaties by en laat prut onbedek terwyl jy af en toe roer 1 uur of tot die lamsvleis sag is en die sous goed verminder het. Geur met sout en peper.
  6. Skakel die plaat af en roer die babaspinasie in. Sit die warm lamsvleis saam met die bros brode voor.