Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

½ ui, gekap

500 g beesmaalvleis

olie

250 ml (1 k) gebottelde sterk salsa

30 ml (2 e) cajun-speserye

10 ml (2 t) bruinsuiker

10 ml (2 t) asyn

4 hamburgerrolletjies

4 snye cheddarkaas

tamatie-en-uie-slaai vir voorsit

  1. Verbruin die ui en maalvleis in ’n bietjie verhitte olie.
  2. Voeg die salsa, cajun-speserye, suiker en asyn by. Verlaag die hitte en kook sowat 5 minute tot geurig.
  3. Skep die maalvleismengsel op ’n halwe broodrolletjie saam met ’n skyf kaas. Plaas die ander halwe rolletjie bo-op. Herhaal met die ander broodrolletjies.
  4. Sit voor met ’n tamatie-en-uieslaai.