GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

60 ml (¼ k) vars pietersielie, fyn gekap

500 g maer beesmaalvleis

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

4 groot slaaiblare

1 rooi-ui, in skyfies gesny

¼ komkommer, in skyfies gesny

  1. Meng die pietersielie goed deur die maalvleis en geur met die sout en vars gemaalde peper.
  2. Verdeel die maalvleis in vier gelyke dele en vorm vleiskoekies.
  3. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en braai die vleiskoekies tot gaar.
  4. Neem ’n slaaiblaar, pak ’n skyfie rooi-ui in en ’n paar skyfies komkommer. Sit ’n vleiskoekie bo-op en vou die blaar effens toe.
  5. Herhaal met die res van die vleiskoekies en bestanddele en sit voor.