Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4-6 mense

500 g lamsmaalvleis

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

1 ml (¼ t) fyn kaneel

10 ml (2 t) gerookte paprika

sout en peper

2 Franse brode

slaaiblare

2 ferm tamaties, in blokkies gesny

½ komkommer, in skywe gesny

SOUS

45 ml (3 e) mayonnaise

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

2,5 ml (½ t) fyn knoffel

Voorverhit die oond tot 190°C.

1.Plaas die maalvleis, komyn, koljander, kaneel, paprika en sout en peper in ’n groot bak. Meng goed en vorm klein balle. Verkoel 30 minute.

2.Meng die bestanddele vir die sous en sit eenkant, verkieslik in die yskas.

3.Plaas die koftas op ’n bakplaat en bak 20 minute of tot gaar.

Sny elke Franse brood in drie stukke en sny dan elke stuk aan die bokant oop. Plaas die slaaiblare, tamaties, komkommer en dan die koftas binne-in die brood. Giet die sous oor en sit voor.

- Carmen Hendricks & Nolin Daniels