Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

250 g rysnoedels

750 g varkfilet, in

repies gesny

10 ml (2 t) Chinese vyfspeserypoeier

sout

30 ml (2 e) olie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

10 ml (2 t) vars gerasperde gemmer

3-4 rooi brandrissies, gekap

45 ml (3 e) sojasous

60 ml (¼ k) rysasyn

45 ml (3 e) strooisuiker

1 komkommer, in stokkies gesny

15 g vars koljanderblare, grof gekap

  1. Maak die rysnoedels gaar volgens die aanwysings op die pakkie; hou eenkant.
  2. Geur die filetrepies met die speserypoeier en sout.
  3. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die vark in sarsies tot net gaar. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissies
  4. by en roerbraai tot geurig.
  5. Voeg die res van die bestanddele by die vark en roerbraai nog 1 min.
  6. Skep op die noedels en sit voor saam met ekstra vars koljanderblare.