Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min

Gaarmaaktyd: 3 uur 15 minute

1,5 kg pens, gewas

sout na smaak

30 ml (2 e) olie

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

2,5 ml (½ t) gemmer, fyngedruk

5 wortels, in skywe gesny

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) matige kerrie

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

30 ml (2 e) geroosterde masala

410 g (1 blik) heel tamaties

1 pypkaneel

1 lourierblaar

Sny die pens in repe en plaas dit in ’n groot kastrol oor medium hitte.

Bedek met water, geur met sout en kook.

Verlaag die hitte en laat prut vir 3 uur.

Gooi die olie in ’n groot kastrol oor medium hitte en voeg die ui, knoffel en gemmer by.

Roerbraai tot sag.

Voeg die wortels, borrie, kerrie, brandrissiepoeier en masala by.

Verminder die hitte en roer vir 5 minute.

Roer 500 ml (2 k) water van die gekookte pens by en laat prut vir 15 minute.

Verwerk die wortelmengsel met ’n stokmenger tot dik.

Sit dit terug op die plaat en voeg die tamaties, pypkaneel, lourierblaar en gaar pens by.

Laat prut vir 15 minute en sit voor.

- Hope Malau