Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur 30 minute

Genoeg vir 6 mense

1 kg varkpens

1 L (4 k) hoenderaftreksel

410 g (1 blik) tamatiepuree

45 ml (3 e) brandrissiesous

1 groen brandrissie, gekap

Uieringe

olie vir diepbraai

60 ml (¼ k) borrelwater

45 ml (3 e) meel

sout en peper na smaak

1 ui, in ringe gesny

4 tramezzini’s

Sit die varkpens en hoenderaftreksel in ’n diep pot oor medium hitte en laat 2 uur prut of tot die varkvleis sag is en afvlok.

Sit die varkvleis op ’n bord en vlok dit met ’n vurk.

Sit die pot terug op die stoof oor medium hitte.

Voeg die tamatiepuree, brandrissiesous en brandrissie by en laat prut onbedek op hoog vir 30 minute of tot dik.

Uieringe

Vul ’n diep pot met olie vir diepbraai oor medium hitte.

Meng die borrelwater met die meel tot glad en geur met sout en peper.

Doop die uieringe in die beslag en diepbraai tot goudkleurig.

Sit die geplukte varkvleis voor in tramezzini’s met uieringe.