Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 6 mense

125 ml (½ k) broodkrummels

1 ui, fyn gekap

30 ml (2 e) bruinsuiker

60 ml (¼ k) braaisous

1 eier

500 g maalvleis

Voorverhit die oondrooster.

  1. Meng die broodkrummels, ui, bruinsuiker en braaisous in ’n bak.
  2. Voeg die eier en maalvleis by en meng goed.
  3. Vorm in agt koekies.
  4. Pak die koekies op ’n bakplaat en rooster hulle in die oond vir 20 minute of tot gaar.
Sit voor saam met uie, brandrissies, agurkies, tamatie, blaarslaai en aartappel