Lewer 4

Bereiding: 10 minute

Staantyd: ’n uur

Gaarmaaktyd: 45 minute

1 kg ontbeende varkribbetjies

sap en skil van 1 lemoen

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 cm-stuk vars gemmer, gerasper

5 ml (1 t) mosterd

sout en peper

500 ml (2 k) braaisous

125 ml (1 k) tamatiesous

60 ml (1Ž4 k) heuning

45 m (3 e) worcestersous

1 Plaas die ribbetjies in ’n bak sout kookwater om die vleis te help versag.

2 Meng die oorblywende bestanddele in ’n bak. Sny die ribbetjies in vier ewe groot porsies, plaas in die bak en marineer ’n uur.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C.

4 Verplaas die ribbetjies na ’n gesmeerde en gevoerde bakplaat en bak ’n driekwartier terwyl jy die vleis elke kwartier met die marinade bedruip.

5 Sit die ribbetjies op broodrolletjies voor met garnering van jou keuse (slaaiblare, tamaties, agurkies en/of uie) en bros skyfies.

- Hope Malau