Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

2 kg varkribbe

SOUS

60 ml (¼ k) worcestersous

45 ml (3 e) tamatiesous

2 ml (½ t) mosterdpoeier

30 ml (2 e) braaispeserymengsel

15 ml (1 e) donkerbruin suiker

15 ml (1 e) heuning

45 ml (3 e) suurlemoensap

sout en peper

VIR VOORSIT

vars tiemie

kapokaartappel

  1. Kook die ribbe 30 minute in ’n pot water of tot die bene uitsteek.
  2. Plaas die ribbe op ’n groot bord, bedek met drie lae kleefplastiek en mikrogolf 3 minute op hoog.
  3. Sous Meng die bestanddele in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 2 minute op hoog. Roer.
  4. Bedruip die ribbe met die sous en bedek weer met die kleefplastiek. Mikrogolf 4 minute, maar bedruip ná twee minute.
  5. Haal die ribbe uit die mikrogolf en laat rus 5 minute in die kleefplastiek toegedraai.
  6. VIR VOORSIT Garneer met die tiemie en sit voor saam met die kapokaartappel.