1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olie

500 g beesmaalvleis

1 botterskorsie, in blokkies gesny

30 ml (2 e)

kerriepoeier

60 ml (¼ k) blatjang

sout en peper

lourierblare

EIERVLA:

250 ml (1 k) melk

2 eiers, geklits

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Braai die ui en knoffel in die olie.
  2. Voeg die vleis by en roerbraai tot bruin.
  3. Voeg die res van die bestanddele by, laat prut tot die botterskorsie amper gaar is en geur met die sout en peper. Skep in ’n oondbak.
  4. Eiervla: Klits alles en giet oor die bobotie. Bak ’n halfuur.

Sit voor saam met rys.