1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer

1 blik (410 g) botterboontjies, gedreineer

60 ml (¼ k) gerasperde pecorinokaas

45 ml (3 e) kruisementblare, fyn gekap

30 ml (2 e) suurlemoensap

1 knoffelhuisie

80 ml (1/3 k) olyfolie sout en peper

4 broodrolletjies

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Pols die kekerertjies, botterboontjies, pecorinokaas, kruisement, suurlemoensap, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker tot fyn. Geur met die sout en peper.
  2. Maak ’n gleuf aan die bokant van elke rolletjie en vul met die smeer. Sit voor saam met mozzarellablokkies, olyfolie
  3. en roketblare.