GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

1 ui, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 rooi brandrissies, grof gekap

30 ml (2 e) olyfolie

500 g varkworsies, in stukke gesny

’n hand vol basilie, grof gekap

’n hand vol pietersielie, grof gekap

4 aartappels, in stukke gesny

3 wortels, in stukke gesny

2 x 400 g kersietamaties

400 g gespikkelde suikerbone, afgespoel

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

125 ml (½ k) bevrore ertjies

400 g heelpitmielies

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Braai die ui, knoffel en brandrissies in ’n diep oondvaste kasserol in die olyfolie. Voeg die stukke varkworsies by en roer deur.
  2. Kook 10 min. of tot die worsies amper gaar is. Voeg al die oorblywende bestanddele by.
  3. Bedek en bak 30 min. Haal uit die oond en geur met die sout en vars gemaalde peper.

Deur Hope Malau