Bedien 4

500 g Boerewors

Volkoring broodrolletjies

1 blikkie (410 g) chakalaka

Sowat 500 ml gemengde slaaiblare

1.    Sit die boerewors in ’n pan en laat die pan stadig oor lae hitte warm word. Bak tot goudbruin en gaar. Sit eenkant en hou warm.

2.    Sny die rolletjies, sit die slaaiblare op die rolletjies. Sny die wors in die grootte van die rolletjies maar ’n bietjie langer.

3.    Verhit die chakalaka en skep die sous bo-oor die  boerewors.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.