Die chakalaka verhef dié rolletjies bo die alledaagse

Genoeg vir 4

Bereidings: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

500 g boerewors

volgraanbroodrolletjies

sowat 500 ml gemengde slaaiblare

1 410 g-blikkie chakalaka

Sit die boerewors in ’n pan en laat dit stadig oor lae hitte warm word. Bak tot goudbruin en gaar. Sit eenkant en hou warm.

Sny die rolletjies en pak die slaaiblare op. Sny die wors ’n bietjie langer as die rolletjies.

Verhit die chakalaka en skep die sous bo-oor die boerewors.

Resep uit Huisgenoot Grootste Treffers