500 g boerewors, derm verwyder olie

4 mini- Portugese rolletjies roketblare

100 g emmental- of sterk cheddarkaas, in dun skywe gesny

60 ml (¼ k) rissie-tamatiekonfyt

  1. Rol die vleis in klein bolletjies en ryg dit drie-drie op sosatiestokkies.
  2. Braai tot gaar en bruin.
  3. Halveer die rolletjies bolangs, maar moenie heeltemal deursny nie.
  4. Plaas vinnig in die oond en verhit tot effe bruin buite-om.
  5. Plaas die roketblare binne-in, gevolg deur die kaas en boereworsstokkies.
  6. Skep ’n goeie skep rissie-tamatiekonfyt bo-op en sit voor.