GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

KOFTAS

500 g boerewors

15 ml (1 e) vars mentblare, gekap

4-6 kebabstokkies

SLAAI

1 iceberg-slaaikop

125 g kersietamaties, gehalveer

½ komkommer, in blokkies gesny

1 wiel fetakaas, grof gekrummel

15 ml (1 e) witwynasyn

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Koftas Druk die boerewors uit die derm.
  2. Meng die mentblare deur die maalvleis.
  3. Verdeel die maalvleis in 4-6 gelyke dele en vorm langwerpig om die stokkies.
  4. Pak die koftas op die bakplaat en braai 15-20 min. tot gaar.
  5. Slaai Sny die slaaikop in stukke en meng met die tamaties, komkommer en fetakaas.
  6. Klits die asyn en olie saam en giet oor die slaai. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Sit voor saam met die koftas.