Minder as 1 uur Bedien: 8 Hoof bestanddeel

Bees- en skaapvleis

Bestanddele

Hoof bestanddele

1 pak boerewors (ongeveer 500 g)

Blatjang

1 skeut PnP olyfolie

2 uie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

500 g ryp tamaties (ongeveer 6 – 8), afgeskil en gekap

1 rissie, gekap 1 koppie sagte bruinsuiker 125 ml PnP rooiwynasyn 2 steranys 1 knippie sout en gemaalde peper Metode

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui.

Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.

Voeg die oorblywende bestanddele by en kook die mengsel totdat dit die tekstuur van blatjang het.

Laat dit afkoel en plaas in gesteriliseerde bottels en verseël, of bedien saam met boerewors.

Draai die boerewors in kleiner worsies, ongeveer 4-5 cm elk, of bind dit met tou.

Braai oor medium kole tot gaar.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.