Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

4 eiervrugte, in blokke gesny

2 uie, in kwarte

2 knoffelhuisies, gekap

sout en vars gemaalde peper

60 ml (¼ k) olyfolie

500 g boerewors, in stukke gesny

50 g tamatiepasta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

15 ml (1 e) suiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die eiervrugte, uie en knoffel in ’n oondbak. Geur en giet die olyfolie oor. Meng goed. Rooster 20 min.
  2. Pak die boerewors op ’n ander bakplaat en rooster saam met die groente in die oond tot gaar (sowat 20 min.). Sny in stukke.
  3. Meng die tamatiepasta deur die groente, rooster nog 5 min., meng die gekapte tamaties en boereworsstukke deur die groente en bak nog 10-15 min.
  4. Geur na smaak met die sout, peper en suiker.