500 g boerewors

4 pitabrode, oopgesny

125 ml (½ k) mayonnaise

1 rooi-ui, in ringe gesny

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

2 jalapeño’s, in skyfies gesny

30 ml (2 e) botter

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die wors op ’n bakplaat en braai 30-35 minute of tot gaar. Sny in lang skyfies.
  2. Smeer die pitabrode met die mayonnaise.
  3. Pak die ui, worsskyfies, kaas en jalapeño’s op 4 van die broodhelftes.
  4. Bedek met die ander 4 helftes en smeer die bokante met die botter.
  5. Bak 10-15 minute tot die kaas smelt. Sny en sit voor.