15 ml olyfolie

25 ml botter

2 uie, geskil en in dun skywe gesny

2 vet knoffelhuisies, fyn gekap saam met 5 ml sout

250 ml swart olywe, ontpit

100 g fetakaas, in blokkies gesny

1 (425 g) blik selderyroomsop

1 kg Shoprite Checkers Championship Boerewors, gaar en in 5 mm-skywe gesny

4 groot, rooi, ryp tamaties, in kookwater gedompel,

skil afgetrek en in dik skywe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

100 ml cheddarkaas, gerasper

50 ml tamatiesous

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verhit die olie en botter en braai die uie en knoffel tot die uie sag en deurskynend is.

Verwyder van die hitte.

Voeg die olywe, fetakaas, sop en wors by die uie en knoffel in die pan en meng goed.

Rangskik tamatieskywe in ’n gesmeerde oondvaste dienbak.

Geur met sout en peper.

Skep die worsmengsel bo-oor en sprinkel die kaas oor.

Bak sowat 15 minute of tot gaar en sit voor met tamatiesous.

Genoeg vir 4 – 6 mense.

As jy die gereg verder wil rek, kan jy 500 ml gaar elmboogpasta by die worsmengsel inroer.

Vir ekstra geur, klam die pasta aan met room, geur goed met vars gemaalde swartpeper en rasper neutmuskaat kwistig

oor.

As jy ’n kruietuin het, kan jy vars basilieblare op die tamaties plaas.

WENK Wanneer jy weer op ’n Saterdag Shoprite Checkers se beroemde Championship Boerewors braai, braai ’n ekstra kilo en hou dit vir Sondagaand se ligte aandete en hoop en vertrou dat die seuns dit nie vooraf opeet nie!