Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25 min.

500 g boerewors, maalvleis uit derm verwyder

50 g mozzarellakaas, gerasper

3 uie, in fyn skywe gesny

500 g spaghetti, gekook

Sous

2 uie, fyngekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

2 x 400 g blikke gekapte tamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

30 ml (2 e) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

’n hand vol pietersielie, gekap

  1. Meng die maalvleis, kaas en uie goed. Vorm die mengsel met nat hande in gholfbalgrootte-frikkadelle en braai in ’n groot braaipan tot goudbruin.
  2. Sous: Soteer die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog 30 sek. voor jy die tamaties, tamatiepasta en suiker byvoeg.
  3. Verminder die hitte en laat prut 15 min. onbedek tot die sous verdik het. Geur na smaak en voeg dan die frikkadelle by.
  4. Sit die frikkadelle en sous voor oor gaar spaghetti. Garneer met pietersielie.