Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

500 g boerewors

6 heel jong preie

8 salotte of 3 rooi-uie, in kwarte gesny

12 jong aspersies

olyfolie

’n paar takkies vars roosmaryn

3 knoffelhuisies, fyngedruk

sout en peper na smaak

’n handvol babaspinasie (opsioneel)

BESLAG

310 ml (1¼ k) melk

3 eiers

250 ml (1 k) bruismeel

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sit die wors en groente, buiten die spinasie, op bakplate; besprinkel met olie. Voeg die roosmaryn en knoffel by; geur met sout en peper; oondbak 20 minute.
  2. Beslag Klits die melk en eiers saam, voeg die meel by en klits goed. Geur met sout en peper.
  3. Pak die wors en groente in ’n voorbereide oondbak, sprinkel die spinasie oor (indien gebruik) en giet die beslag oor.
  4. Bak 40-45 minute tot die beslag opgepof en gestol is.