Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

30 min.

KERRIE

750 g beesstowevleis

sout en vars gemaalde peper

60 ml (¼ k) koekmeel

30 ml (2 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 kaneelstokkie

15 ml (1 e) borrie

5 ml (1 t) matige kerriepoeier

8 x 250 ml (8 k) beesvleisaftreksel

60 ml (¼ k) appelkooskonfyt

4 aartappels, in kwarte gesny

4 wortels, in stukke gesny

5 ml (1 t) witasyn

PLATBROODJIES

500 g winkelbrooddeeg

’n bietjie olyfolie

growwe sout

Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Kerrie Geur die vleis met die sout en peper en rol in die koekmeel. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis tot effens bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant.
  2. Braai die uie en knoffel in dieselfde kastrol tot effens gekaramelliseer. Voeg die kaneelstokkie en speserye by en roerbraai tot geurig.Skep die vleis terug in die kastrol saam met die helfte van die aftreksel. Laat prut 45 min. terwyl af en toe geroer word.
  3. As die vloeistof te min raak, voeg net nog van die aftreksel by. Roer die appelkooskonfyt by, en voeg die res van die aftreksel, aartappels en wortels by. Laat verder prut tot die aartappels gaar is.
  4. Geur met asyn, sout en vars gemaalde peper na smaak.
  5. Platbroodjies Verdeel die deeg in vier gelyke dele en rol rofweg uit. Pak op die bereide bakplaat, smeer met die olyfolie, sprinkel met die growwe sout en bak 10-15 min. tot goudbruin en gaar.