Genoeg vir 4 porsies

5 filovelle

50 g botter

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffel, gekap

10 ml (2 t) matige kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) fyn komyn

500 g maalvleis

20 ml (4 t) fyn appelkooskonfyt

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol koljanderblare

BOLAAG

3 eiers

150 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde oondbak met gesmelte botter.

Verf die filofelle met botter en plaas hulle op mekaar in die bak.

Verf die boonste laag met botter.

Verhit die res van die botter en die olyfolie en braai die ui en knoffel ’n paar minute.

Roer die kerriepoeier, borrie en komyn by en braai ’n minuut.

Roer die maalvleis by en braai sowat 3 minute.

Roer die appelkooskonfyt by en geur met sout en peper.

Roer die koljanderblare by en skep die mengsel op die filovelle.

BO-LAAG

Klits die eiers en melk, geur met sout en vars gemaalde swartpeper en giet oor die maalvleis.

Bak 20-30 minute of tot gaar en sit voor saam met groenslaai.