Genoeg vir 15 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

1 sny witbrood

250 ml (1 k) melk

15 ml (1 e) olie

1 ui, fyn gekap

500 g beesmaalvleis

15 ml (1 e) kerriepoeier

20 ml (4 t) suiker

30 ml (2 e) asyn

30 ml (2 e) blatjang

125 ml (½ k) pitlose rosyne

125 ml (½ k) water

Vla

1 eier

60 ml (¼ k) room

sout en swartpeper

30 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.

  1. Week die brood in 125 ml (½ k) van die melk. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin.
  2. Roer die kerriepoeier in. Druk die melk uit die brood en krummel die deurweekte brood by die maalvleis in.
  3. Voeg die suiker, asyn, blatjang, rosyne en water by die maalvleis. Roer en laat prut 10 min. of tot die maalvleis gaar en die mengsel amper droog is, maar steeds klam.
  4. Vla: Klits die eier, room, oorblywende melk, sout, peper en botter saam tot goed gemeng. Skep die maalvleisvulsel in die muffinholtes en bedek met die vla. Laat 5 min. staan en bak 15 min. of tot die vla geset het.